Huweliks Berading en Verhoudings Terapie

Huweliks Berading is ‘n semi gestruktureerde proses wat belangerike kwessies in ‘n egpaar se verhouding aanspreek. Huweliks berading is ‘n manier om oplossings te vind vir probleme in die huwelik en oder die leiding van ‘n berader gedagtes en gevoelens rondom die verhouding te bespreuk. Huweliks berading fokus op die proses wat tussen twee mense in ‘n verhouding plaas vind. Verhoudings problematiek behels gewoonlik gevoelens en persepsies van individue in die verhouding so wel as konflikte teenwoordin in die verhouding tussen die twee mense.

In Huweliks Berading is die fokus op die: 

  • Ontikkeling van gedeelde respek en verstaan van mekaar
  • Aanleer van effektiewe kommunikasie vaardighede
  • Eksplorasie van verskillende probleem oplossings strategiee
  • Aanleer van maniere hoe behoeftes binne die verhouding effektief uitgedruk kan word
  • Bevordering van samewerkende groei in die verhouding
  • Ontdekking van ‘n gedeelde visie in die verhouding

 

Vind Gedeelde Respek en Verstaan

Gedeelde respek en verstaan behoort die grondslag van ‘n verhouding te wees.  

Ontwikkel Effektiewe Komunikasie Vaardighede 

Effektiewe komunikasie vaardighede kan ‘n egpaar help om mekaar beter te verstaan en leer om beter na mekaar te luister.  

Eksploreer Verskillende Pronbleem Oplossings Strategiee

Goeie probleem oplossings strategiee is van uiterse belang om ‘n gesonde verhouding te bou.  

Leer om Behoeftes Effektief Uit te Druk

‘n Egpaar kan leer om hul behoeftes binne die verhouding meer effektief uit te druk en daardeur realisties verwagtinge van mekaar te ontwikkel.  

Verseker Samewerkende Groei

Help mekaar om persoonlik te groei as individue en ook as egpaar en sodoende kan die band in die verhouding versterk word.  

Ontdek ‘n Gedeelde Visie

Wanneer daar geleef word met ‘n gedeelde visie in dieverhouding kan gemeenskaplike doelwitte aandag verkry en daar sal ‘n sin van rigting binne die verhouding wees.  

In Huweliks Berading help die berader die egpaar om die hoof konflikte in die verhouding te identifiseer, en help hulle om te besluit watter veranderinge nodig is in die verhouding.

Die Doelwitte in Huweliks Berading is om: 

  • ‘n beter verstaan van jouself en jou lewensmaat te ontwikkel
  • te besluit watter veranderinge nodig is in die verhouding en te leer hoe om die veranderinge te maak
  • meer eerlik met mekaar te raak in die verhouding
  • nuwe strategiee te ontwikkel om konstruktief met kwessie in die verhouding om te gaan
  • effektiewe kommunikasie vaardighede aan te leer
  • gesonde grense binne die verhouding te stel
  • duidelikheid te kry oor hoe om die toekoms binne te gaan met lesse wat uit die verlede geleer is
  • in ‘n liefdevolle verhouding van omgee en verstaan met mekaar te staan

Egpare moet leer hoe om dit te vermy om met mekaar in kompetisie te wees binne die verhouding en eerder die verantwoordelikhede te deel. Die proses van Huweliks Berading is soms soortgelyk aan individuele terapie, soms speel mediasie ‘n grooter rol en ander kere is dit meer opvoedkundige van aard.

Die Duur van Huweliks Berading

Huweliks berading kan enegie iets van ‘n paar sessies tot ongeveer twaalf sessies met verdere opvolg sessies. Die duur sal grootliks bepaal word deur die egpaar se eerlikheid en vermoee om deel te neem aan die terapeutiese proses. Na die eerste afspraak kan die egpaar besluit oor hoeveel sessies hulle aanvanklik wil he en daarna kan hulle evalueer hoe hulle gevorder het in terme van hulle doelwitte.