Christelike Eksistensiele Terapie
Christelike Eksistentiele Terapie
In Christelike Eksistentiele terapie word gefokus op die besorgdhede en probleme teenwoordig in ‘n individu se lewe (Bestaans wereld) an hul verhouding met God (Christen). Die doel in die terapie is om dit moontlik te maak vir ‘n individu om hul lewens wereld te eksploreer om sodoende duidelikheid te kry oor hul vertaan van hul eie lewe en die dilemmas waarmee hulle gekonfronteer word. Die uitdaging le daarin om die potentiaal binne hulself raak te sien en dit te kan uitleef ninne die limiete en beperkinge wat inherent in die lewe teenwoordig is. Daar word na getreef om ‘n persoon te mobiliseer om meer eg aan hul self, meer doelgerig en met sin en betekenis hul lewe te leef. Daar word klem gele op die mens se afhanklikheid van God as ;n bron van insig, krag en inspirasie in hul lewe en om ‘n identiteit te ontwikkel wat gewortel is in Christus en die beloftes in Sy Woord (Bybel).
Die terapie kan kliente help om die angs wat voortspruit uit die mens se pogings om met die “gegewes” van die lewe te handel in die gesig te staar en te oorkom. Dit word bewerkstellig deur persoonlike groei op ‘n persoonlike, interpersoonlike en geestelike (God, Christus, Heilige Gees) vlak.
Die Doelwitte van Christelike Eksistentiele Terapie is om …
- mense te help om meer eerlik met hulself te wees
- om hul perspektiewe te verbreed romdom hulself en die wereld waarin hul leef
- om duidelikheid te vind oor hoe om die toekoms in te gaan met die lesse wat uit die verlede geleer is
- om sin en betekenis in hul lewe te vind
- om in ‘n vervullende verhouding met God te staan
- om ‘n doelgerigte lewe te lui met ‘n persoonlike visie en geloof in God
- om in ‘n liefdevolle en vredevolle verhouding te staan teenoor hul medemens, hul self en hul omgewing
- om elke dag in die lewens veranderende genade van Jesus Christus te lewe
Ontdek jou Potensiaal
Alle mense is geskape met ‘n inherente potentiaal om hul lewens sinvol te lewe in harmonie met God
Lewe met die Vryheid van Keuse
Alle mense het die kapasiteit om om vrye keuses te maak rakende hul eie lewens en om hul persoonlike doelwitte te bereik en sodoende verantwoordelikheid vir hul besluite te neem.
Lewe Eg aan Jouself
Alle mense kan die kapasiteit ontwikkel om eg aan hul self te leef en om beheer te he in hul lewens
Hanteer die Gegewes van die lewe
Die gegewes van die lewe affekteer elke persoon en deur nie daarmee te werk op ‘n sinvolle manier nie kan ly tot depressie an angs.
Lewe met Sin en Betekenis
Ontedek God se sin en betekenis vir jou lewe.
Lewe in ‘n Volwasse en Betekenisvolle Verhouding met God
Ontdek jou identiteit in Christus en lewe ‘n lewe van oorvloed.
Die Fokus in Christelike Eksistentiele Terapie is op:
• Omgewing/ Biologies – verhouding tot die fisiese/biologiese realiteit
• Interpersoonlik - verhouding tot vriende, familie, eggenote
• Persoonlik- verhouding tot jouself
• Geestelik - verhouding tot God
Christelike Eksistentiele Terapie het as hoof doel om ‘n houding van self refleksie te ontwikkel en om beginsels in plek te sit binne ‘n klient se lewe sodat hulle kan voortgaan om ‘n lewe van persoonlike en geestelike groei te ervaar.
Die doelstellings is om te lewe met ‘n persoonlike sin van betekenis en doelgerigtheid in die lewe gewortel in ‘n persoonlike verhouding met God gely deur die Heilige Gees.
Om eg te lewe met waagmoed en durf is ‘n doelwit van Chritelike Eksistentiele Terapie. Om self refleksie aan te leer en effektief te komunikeer met ander is nog ‘n doelwit. Dit behels altyd ‘n eksplorasie van Bybelse waarhede en ‘n persoon se lewens beskouing.
Wanneer die eksplorasie suksesvol deurgemaak is sal dit ly tot ‘n meer vervulde lewe met meer insig in ‘n persoon se lewe en bestaan gepaartgaande met ‘n verdieping in een se verhouding met God. Dit stel individue in staat om suksesvol met die lewe se uitdagings om te gaan en sodoende gelukkige lewens te ly. Onderwerpe soos ‘n sin vir betekenis en ‘n doelgerigte lewe; verhoudings problematiek’ emotionele an/of geestelike hindernisse tot groei en om te lewe met ‘n persoonlike visie, word aangespreek.
Die Duur van Christelike Eksistentiele Terapie
Die duur van Christelike Eksistentiele Terapie kan wissel vanaf vier tot twaalf sessies. Dit hang grootliks af van die doelwitte van terapie en die huidige geestelike en emosionele toestand van die klient. ‘n Langer termyn proses kan ook deurgemaak word met opvolg sessies.
Kontak gerus Kobus Coetzee Kliniese Sielkundige vir meer inligting.
